Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Verre Blik" deur UYS KRIGE
"Verre Blik" deur UYS KRIGE [boodskap #9226] So, 27 April 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
VERRE BLIK
Uys Krige

Op die kaal berg
'n ponie en sy ruiter alleen.
Strak-roerloos teen die hoëe gloed,
man, perd: 'n swart standbeeld van steen.

Hoogtes en dieptes, pieke, kranse
waar die bergstilte suis
en in die diep verborge klowe
die ver, silwere geruis

van tuimelende stome.
Die dag, nog eensamer, sterf in die eensame bome.

Die maan stoot teen die oosterkim
met sy bleekwit impala-horing.
Maar dis nog dag daar.... O werelde van lig
so ryk, so kalm! elk piek straal soos 'n toring

van goue vrede bo die heuwels en die ver valleie,
die dorpies stil en wit soos in 'n droom:
o hemelse gloed, tydlose glans bo hierdie wye
grootse wereld vol stilte en lig, lig sonder grens of soom...

O mense van my ras, ondanks alles wat ons skei,
steeds aan my gees, my siel, my hart verwant,
wees groot en ruim en sterk, wees vry,
vol lig en stilte, soos die suiderland!

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Finis" deur LINA SPIES
Volgende onderwerp: Leipold Gedig Versoek: Gloudina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 16:10:12 MGT 2024